Description
Maak letters leer lekker met MudPuddle se Letterpret-aktiwiteitsboekie!
Met Sertifikaat
Hierdie Graad R-boekie is ontwerp vir kinders van 5–6 jaar en stel klein leerders op ‘n prettige, kleurvolle en interessante manier aan die wêreld van letters bekend.
Kinders gaan oefen om:
- Hoofletters en kleinletters te herken.
- Die volgorde van die alfabet te leer.
- Hoofletters en kleinletters bymekaar te pas.
- Beginklanke te ontdek.
- Letters met prente en bekende woorde te verbind.
- Vroeë lettervorming en potloodbeheer te oefen.
Met ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat leer deur oefening, ontdekking en spel aanmoedig, help Letterpret klein leerders om selfvertroue te bou terwyl hulle hul eerste treë in die wêreld van lees en skryf gee.
Aanbevole ouderdom: 5–6 jaar
Skoolvlak: Graad R
Formaat: Digitale PDF-aktiwiteitsboekie
ALGEMENE AFLAAIKENNISGEWING
Afrikaans – Digitale Produk- en Gebruiksvoorwaardes
Neem asseblief kennis dat hierdie slegs ‘n digitale produk is. Geen fisiese produk sal verskaf, gepos of afgelewer word nie.
Jou aflaaiskakel sal vir 90 dae vanaf die aankoopdatum beskikbaar wees. Gedurende hierdie tyd kan jy jou produk tot 5 keer aflaai.
Alle MudPuddle-produkte is slegs vir persoonlike gebruik, tensy anders aangedui. Dit mag nie gekopieer, gedeel, herverkoop, versprei, opgelaai of op enige manier, gedeeltelik of in geheel, gereproduseer word sonder skriftelike toestemming van MudPuddle nie.







Reviews
There are no reviews yet.